Graad 2 Levensvaardigheid: Plaasdiere, 28 April 2020

(Lesson Scheduled For: Tuesday, 28 April 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Graad 2 Levensvaardigheid Die gebruike van plaasdiere

Die gebruike van plaasdiere

Ons nuwe tema vir hierdie kwartaal is “Diere“. Ons gaan eers fokus op plaasdiere. Maak jou Reënboogboek oop op bl. 46. Kyk na die prentjie. Watter verskillende plaasdiere sien jy? Watter plaasdier is jou gunsteling?  Dink nou hoekom het ons plase met diere?  Plaasdiere word gebruik om vir ons sekere produkte te gee.  Koeie gee nie net vir ons melk nie, maar ook vleis. Skape gee vir ons wol en vleis. Hoenders gee eiers en vleis. Varke word gebruik vir hul vleis, bv. spek. Hulle hare word ook gebruik.  Ons kan ook eendvleis eet. Eende se dons word gebruik om kussings, komberse, jasse ens. te stop.

Beweging:

Galop soos ‘n perd. Waggel soos ‘n eend. Loop soos ‘n robot.

 


AKTIWITEITE

Op die werkvel (by "Printable documentation") volg jou vinger die padjies om te sien watter produkte van watter diere af kom.  Kyk of jy dit kan onthou. Voltooi nou die sinne op die werkvel of skryf dit oor in jou matboek.  



TOETS JOU KENNIS