Graad 2 Lewensvaardigheid Plaasdiere: Die vark
Plaasdiere
Ons weet hou lyk verskillende plaasdiere, maar weet ons wat die manlike en vroulike name is?
Weet ons waar hulle bly en watter geluid hulle maak?
Wat word hulle babatjies genoem?
Vandag kyk ons na die vark (oink oink).
Die manlike vark word ‘n beer genoem en die vroulike vark word ‘n sog genoem. ‘n Vark se babatjie is ‘n varkie. Varke bly in varkhokke. As jy mooi luister sal jy hoor dat ‘n vark ‘n snorkgeluid maak.
Beweging:
Gooi ‘n groot bal na ‘n teiken, bv. ‘n doelhok, netbalring, hoepel, wasgoedmandjie ens.
AKTIWITEITE
Maak jou Reënboogboek oop op bl. 47.
Voltooi die werkie oor die vark in jou Reënboogboek.