Graad 2 Lewensvaardigheid Diere: Plaasdiere: Die perd en hoender
Plaasdiere
Ons fokus vandag op die perd en die hoender.
Die manlike perd is ‘n hings en die vroulike perd is ‘n merrie.
Hul kleintjie word ‘n vul genoem. Perde bly in ‘n stal.
Die geluid wat perde maak is “runnik“.
Die manlike hoender is ‘n haan en die vroulike hoender is ‘n hen. ‘n Haan kraai en ‘n hen kekkel.
Hulle kleintjie word ‘n kuiken genoem en hulle bly in ‘n hoenderhok.
Kuns:
Beplan solank jou dieremasker wat ons in die kwartaal gaan maak in die klas.
Gebruik herwinbare materiaal (bv. Knope, papier, wol, staalwol, filt, papierbord ens) om ‘n dieremasker te beplan.
Dit is dus nie nodig om enige iets te koop nie. Dit kan ‘n wilde dier, plaasdier of troeteldier wees.
Hou alles tot jy gevra word om dit saam te bring skool toe. Moet nog nie die masker maak nie. Ons gaan dit in die klas maak.
AKTIWITEITE
Maak jou Reënboogboek oop op bl. 47.
Voltooi die werkie oor die vark in jou Reënboogboek.