Graad 2 Lewensvaardigheid Diere: Plaasdiere, 30 April 2020

(Lesson Scheduled For: Thursday, 30 April 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Graad 2 Lewensvaardigheid Diere: Plaasdiere: Die perd en hoender

Plaasdiere

Ons fokus vandag op die perd en die hoender.

Die manlike perd is ‘n hings en die vroulike perd is ‘n merrie.

Hul kleintjie word ‘n vul genoem. Perde bly in ‘n stal.

Die geluid wat perde maak is “runnik“.  

Die manlike hoender is ‘n haan en die vroulike hoender is ‘n hen. ‘n Haan kraai en ‘n hen kekkel.

Hulle kleintjie word ‘n kuiken genoem en hulle bly in ‘n hoenderhok.  

Kuns:

Beplan solank jou dieremasker wat ons in die kwartaal gaan maak in die klas.

Gebruik herwinbare materiaal (bv. Knope, papier, wol, staalwol, filt, papierbord ens) om ‘n dieremasker te beplan.

Dit is dus nie nodig om enige iets te koop nie. Dit kan ‘n wilde dier, plaasdier of troeteldier wees. 

Hou alles tot jy gevra word om dit saam te bring skool toe. Moet nog nie die masker maak nie. Ons gaan dit in die klas maak.


AKTIWITEITE

Maak jou Reënboogboek oop op bl. 47.  

Voltooi die werkie oor die vark in jou Reënboogboek.


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceGeen werkvel Donderdag.pdf

TOETS JOU KENNIS