Graad 2: Lewensvaardigheid: Vrydag, 15 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Friday, 15 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Wilde Diere: Kamoeflering

Kamoeflering

Sommige diere beskerm hulleself deur hul voorkoms te verander om by hul omgewing aan te pas. Verkleurmannetjies kan hulle kleur verander om aan te pas by die bome waarin hulle woon. Die sebra se strepe maak dit moeilik om hom in die bos te sien. Die pels of vere van sommige diere is so
aangepas dat hulle niemaklik raakgesien word nie. Ons noem dit kamoeflering. Hoekom wil diere nie maklik raakgesien word nie? Wanneer ‘n dier sy prooi bekruip, wil hy nie maklik sigbaar wees nie. Die prooi gaan hom sien en weghardloop. Party diere wil nie gesien word nie aangesien hulle gejag word.

Hier is ‘n paar voorbeelde van wilde diere wat kamoefleer. Hulle is nie duidelik sigbaar in hulle omgewing nie. ‘n Wit leeu sal maklik raakgesien word tussen die bruin gras.

 

Hier is nog ‘n paar diere wat goed in hul omgewing inpas.


AKTIWITEITE

Kamoeflering

Maak jou Reënboogboek oop op bl. 53. Teken ‘n wilde dier wat gekamoefleer is.

Indien julle die werkvel kan uitdruk, kan jy die verkleurmannetjie inkleur. (opsioneel)



TOETS JOU KENNIS