Graad 2 Wiskunde (0 – 59) Maandag 4 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Monday, 04 May 2020)

Plekwaarde (0 - 59)

Goeiedag Graad 2’s.

Plekwaarde vertel vir ons waar die Tiene en waar die Ene se plek is in ‘n getal.  Vir vandag se les het ek vir jou ‘n Tiene- en Ene-huisie gemaak.  Jy kan dit uitdruk of sommer jou eie huisie teken.  Ek het ook vir jou Tiene-stafies gemaak.  Jy kan besluit of jy dit wil uitdruk of self teken.  Een stafie se blokkies moet jy egter verskillend inkleur, omdat dit jou 9 ene gaan wees as jy dit losgeknip het.  Jy kan enige getal tussen 11 en 59 bou met jou flardkaarte.  Ek het vir 23 gekies.  As ek die getal 23 in my Tiene- en Ene-huisie sit, dan sien ek hoeveel Tiene daar is en hoeveel Ene.  Om die getal te bou, benodig ek 2 van die Tiene-stafies en 3 Ene-blokkies.  As ek nou na die Tiene- en Ene-huisie kyk, dan sien ek ook dat die 2 van 23 se plek by die Tiene is en die 3 van 23 by die Ene is. 

As jy die video hiervan wil sien, gaan kyk by Media vir die “YouTube link”.


AKTIWITEITE

Voltooi die werkkaart deur die Tiene en Ene aan te dui.  Jy kan jou flardkaarteTiene- en Ene-huisie asook die Tiene-stafies en Ene-blokkies gebruik waarmee jy jou getalle bou om by die antwoord uit te kom.

Byvoorbeeld:

34 =

3

Tiene

4

Ene

 

Doen ook bl. 76 no. 1 en bl. 78 no. 1 in die Rooiboek.



TOETS JOU KENNIS