Graad 2 Wiskunde Hersiening 1.

(Lesson Scheduled For: Thursday, 07 May 2020)

Getalname, Telpatrone, Ontbind en Getalwaarde.

Inhoud

Goeiedag, Graad 2’s.

Julle moet nou reeds al die getalname van 1 – 59 kan skryf sonder om iewers af te kyk of deur vir iemand te vra om jou te help. 

Jy moet ook na ‘n onvoltooide getalpatroon kan kyk en uitwerk waarin Juffrou tel en dit dan voltooi.

Jy het nou reeds mooi geleer van ontbind en getalwaarde.  Ek hoop dat jy vandag al jou takies reg sal kan voltooi.  Sterkte, jy is mos ‘n slimkop!


AKTIWITEITE

Aktiwiteit – 7 Mei 2020

Graad 2’s

Vir vandag het ek vir jou ‘n werkkaart voorberei waar jy getalname (1 – 59) moet skryf, telpatrone moet voltooi, ontbind asook die getalwaarde van getalle moet weergee. 

Ek weet jy gaan dit sommer baie goed regkry!


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceWerkkaart 7 Mei 2020.pdf

TOETS JOU KENNIS