Graad 2 Wiskunde Hersiening 2

(Lesson Scheduled For: Friday, 08 May 2020)

Meer, minder, voor, na, X2 en X5.

Inhoud – 8 Mei 2020

Goeiedag Graad 2’s.

Julle het reeds in Graad 1 baie sommetjies gedoen waar jy getalle meer of minder moes maak.  Jy weet ook al watter getal kom voor of na ‘n ander getal, maar as jy nog onseker is, kan jy steeds op jou 200-blok kyk.

In Graad 2 het jy nou geleer van X2 en X5.  Jy het seker agtergekom dat X-somme eintlik glad nie so moeilik is nie. 

Jy gaan vandag ‘n paar van hierdie sommetjies in jou matboek doen.


AKTIWITEITE

Aktiwiteit – 8 Mei 2020

Maats, vandag gaan jy ‘n werkkaart voltooi.  In die werkkaart gaan jy meer / minder / voor / na sommetjies moet doen.  Jy moet kyk hoe vinnig jy dit kan doen. 

Dan is daar ook ‘n spoedtoets van X2 en X5.  Kyk of jy dit in 6 minute kan voltooi.  As jy egter sukkel om dit te doen, moet nie bekommer nie.  Jy kan nog baie oefen om dit reg te kry.

Lekker werk!


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceWerkkaart - 8 Mei 2020.pdf

TOETS JOU KENNIS