Verdubbel - Getalgebied 11 - 59
Inhoud
Verdubbel met tiene
Goeiedag, Graad 2’s. Ons het reeds gister die getalle 1 – 10 verdubbel en vandag gaan ons die tiene verdubbel.
Jy het reeds die Tiene-stafies uitgedruk of geteken. Dit sal jou help om die verdubbel met tiene sommer baie maklik te kan doen.
Neem nou een stafie. Dit is 10. Sit nog 1 stafie by. Dit is nog 10. Nou het jy 2 Tiene. En 2 Tiene = 20. Die volgende somme kan jy nou self met jou Tiene-stafies pak:
20 + 20 = 40 30 + 30 = 60
40 + 40 = 80 50 + 50 = 100
Dit is belangrik dat jy die verdubbeling van Tiene goed sal ken, sodat jy die verdubbel-somme sommer lekker flink sal kan doen.
As jy wil, gaan kyk by Media, die video-lesse oor die verdubbeling van Tiene asook hoe om die verdubbel-somme
(11 – 59) te doen.
AKTIWITEITE
Aktiwiteit - Verdubbel 11 – 59
Volg die instruksies in jou Dolfyntjieboek bl. 9 om die werkkaart te voltooi. Jy kan ook by Media die video “Verdubbel werkkaart” gaan kyk as jy nog onseker is.
Hier is ‘n voorbeeld:
13 | 10 | + | 3 |
Verdubbel | 20 | + | 6 |
Tel op |
| 26 |
|