Graad 2 Wiskunde Verdubbel met tiene

(Lesson Scheduled For: Wednesday, 06 May 2020)

Verdubbel - Getalgebied 11 - 59

Inhoud 

Verdubbel met tiene

Goeiedag, Graad 2’s.  Ons het reeds gister die getalle 1 – 10 verdubbel en vandag gaan ons die tiene verdubbel.

Jy het reeds die Tiene-stafies uitgedruk of geteken.  Dit sal jou help om die verdubbel met tiene sommer baie maklik te kan doen.

Neem nou een stafie.  Dit is 10.  Sit nog 1 stafie by.  Dit is nog 10. Nou het jy 2 Tiene.  En 2 Tiene = 20.  Die volgende somme kan jy nou self met jou Tiene-stafies pak:

20 + 20 = 40          30 + 30 = 60

40 + 40 = 80          50 + 50 = 100

Dit is belangrik dat jy die verdubbeling van Tiene goed sal ken, sodat jy die verdubbel-somme sommer lekker flink sal kan doen.

As jy wil, gaan kyk by Media, die video-lesse oor die verdubbeling van Tiene asook hoe om die verdubbel-somme

(11 – 59) te doen.

 


AKTIWITEITE

Aktiwiteit - Verdubbel 11 – 59

Volg die instruksies in jou Dolfyntjieboek bl. 9 om die werkkaart te voltooi.  Jy kan ook by Media die videoVerdubbel werkkaart” gaan kyk as jy nog onseker is.

Hier is ‘n voorbeeld:

 

13

10

+

3

Verdubbel

20

+

6

Tel op

 

26

 

 

 



TOETS JOU KENNIS