Graad 2 Wiskunde Week 6 Dinsdag, 12 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Tuesday, 12 May 2020)

Groter as / Kleiner as / Is gelyk aan

Goeiedag Graad 2’s! 

Ons het reeds in die klas gepraat oor:

groter as:  >

kleiner as:  <

Is gelyk aan:  =

Krokkie Krokkodil bly in ‘n rivier.  Hy is altyd baie honger en swem op en af in die rivier om te sien wat hy op die rivieroewer kan kry om te eet. Omdat hy altyd so honger is, kies hy altyd die diere op die kant van die oewer waarvan daar die meeste is.  Daarom draai hy altyd sy bek na die grootste getal toe.

As die getal aan die linkerkant die meeste is, hap hy na links.  >

Dit is die groter as-teken.

As die getal aan die regterkant die meeste is, hap hy na regs. <

Dit is die kleiner as-teken.

As die getalle ewe veel is, kan hy kies watter kant hy wil eet.  =

Dit is die is gelyk aan-teken.


AKTIWITEITE

Ek heg vir jou ‘n werkkaart van groter as, is gelyk aan en kleiner as aan. 

Kyk of jy dit so netjies en vinnig as moontlik in jou matboek kan doen. 



TOETS JOU KENNIS