Graad 2 Wiskunde Week 6 Donderdag, 14 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Thursday, 14 May 2020)

Halveer met tiene (10 - 50)

Goeiedag Graad 2’s! 

Gister het ons halveer met getalle 1 – 10.  Vandag gaan ons die tiene halveer.  Gebruik jou Tiene-stafies om vir 20, 30, 40 en 50 te halveer.  Die video-les van gister verduidelik ook hoe om die tiene te halveer.  Gaan kyk gerus weer by Media vir die YouTube link.  Ek hoop julle geniet dit om nog ‘n slag na die video te kyk.


AKTIWITEITE

By vandag se werkkaart moet jy die ene (1 – 9) halveer asook die tiene (10 – 50)

As jy nie die werkkaart kan uitdruk nie, skryf dit net oor in jou matboek.

As jy nog ‘n bietjie sukkel, gebruik gerus jou Ene-blokkies en Tiene-stafies. 

Wees versigtig as jy knip met die skêr!



TOETS JOU KENNIS