Graad 2 Wiskunde Week 6 Maandag, 11 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Monday, 11 May 2020)

Maats van 10

Goeiedag Graad 2’s! 

Julle het reeds in Graad 1 kennis gemaak met die Maats van 10.  Vandag gaan julle die kans kry om dit te hersien.  As jy op die blou bladsy voor in jou Dolfyntjieboek kyk, sal jy die 10-huisie daar vind met al 10 se maats.  As jy die kombinasies lekker wil oefen, het ek vir jou ‘n blink plan!

Kyk of jy by die huis ‘n papierbord kan kry asook 10 wasgoedpennetjies.  Trek ‘n lyn in die middel deur die papierbord.  Nou het jy ‘n linkerkant en ‘n regterkant.  Neem 1 wasgoedpennetjie en knyp dit aan die linkerkant vas.  Knyp nou die res van die wasgoepennetjies aan die regterkant van die papierbord vas.  Tel nou al die wasgoedpennetjies wat jy aan die regterkant vasgeknyp het. Ek het 9 gekry.  Kry jy ook dieselfde antwoord?  Nou kan jy die som in jou matboek skryf.  1 + 9 = 10.  So gaan jy aan totdat jy al die maats van 10 geoefen het. Sommige van julle ken alreeds al 10 se maats uit julle koppe.  Veels geluk!  Iemand kan dit vir julle vra om te sien hoe vinnig julle die antwoorde kan sê.  Neem die stophorlosie van ‘n selfoon en kyk of jy in 2 minute al 10 se maats kan skryf.  Hou ‘n kompetisie met jouself en kyk of jy elke keer jou eie tyd kan verbeter.   Onthou, hoe meer jy oefen, hoe beter raak jy!


AKTIWITEITE

Ek heg vir jou ‘n werkkaart van 10 se maats aan. 

Kyk hoe netjies en vinnig jy dit in jou matboek kan doen. 

 

In die Rooiboek, kan jy vandag bl. 76 – 77 doen.



TOETS JOU KENNIS