Graad 2 Wiskunde Week 6 Vrydag, 15 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Friday, 15 May 2020)

Woordsomme 1

Goeiedag Graad 2’s! 

Wanneer ons woordsomme doen, is dit belangrik dat jy die woordsom stadig en goed moet lees.  Jy moet verstaan wat jy lees.  Jy moet besluit of jy gaan plus, minus, maal of deel.  Om by die antwoord van die woordsom uit te kom, kan jy vir jouself ‘n prentjie gaan teken.  (Ek beveel dit baie sterk aan!)


AKTIWITEITE

Die woordsomme wat ek vandag aanheg, sal jy in jou Uiltjieboek by Kwartaal 2 Week 1 vind.  As jy jou Uiltjieboek by jou het, kan jy dit daarin doen.  Indien nie, druk die PDF-dokument uit en plak dit in jou matboek.  As jy nie die PDF-dokument kan uitdruk nie, skryf dan slegs die antwoorde van die woordsomme in jou matboek. Skryf eers:  Maandag.  Dan die woordsom daaronder.  Trek ‘n lyn.  Dan skryf jy Dinsdag.  Dan die woordsom daaronder, trek ‘n lyn en so gaan jy aan totdat al die woordsomme klaar is. 

Onthou om die hele getalsin van die woordsom te skryf, byvoorbeeld:

 

Ivan en sy maats speel rugby.  Ivan teken 5 punte aan, Pieter teken 7 punte aan en Ruan teken 3 punte aan.  Hoeveel punte het hulle altesaam aangeteken?

 

5 + 7 + 3 = 15 punte

 

 

Wenk:

Jy kan jou 200-blok gebruik om by die antwoord uit te kom.



TOETS JOU KENNIS