Graad 2 Wiskunde Week 6 Woensdag, 13 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Wednesday, 13 May 2020)

Halveer 1 - 10

Goeiedag Graad 2’s! 

Verlede week het ons die hele week aan verdubbel gewerk.  Hierdie week gaan ons ‘n bietjie kyk na halveer.  As ek na die woord halveer kyk, dan lyk die l in die woord vir my soos ‘n mes wat kan sny.  As ons halveer, dan moet ons die getalle in die helfte sny, sodat elke maatjie ewe veel kan kry.  In Graad 1 het julle reeds die ewe getalle, 2, 4, 6, 8 en 10 halveer.  In Graad 2 moet ons nou ook die onewe getalle halveer: 1, 3, 5, 7 en 9.

Ek het vir jou ‘n video gemaak, sodat jy dit makliker kan verstaan.  Gaan kyk gerus by Media vir die YouTube link.  Ek sal die video ook via Whatsapp op die klasgroep stuur vir die van julle wat nie toegang tot YouTube het nie.  Ek hoop julle geniet die video!


AKTIWITEITE

In die Rooiboek, kan jy vandag bl. 132 - 135 doen.


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceWerkkaart 13 Mei - Geen.pdf

TOETS JOU KENNIS