Graad 2 Wiskunde

(Lesson Scheduled For: Tuesday, 05 May 2020)

Verdubbel 1 - 10

Inhoud

Verdubbel 1 – 10

Verdubbel beteken:  Soveel wat jy het, soveel sit jy by.  In die woord, Verdubbel, is daar vir my ‘n leidraad weggesteek.  As ek na die woord kyk en ek wil hom skryf, sien ek daar is een b en ek moet nog ‘n b bysit om die woord reg te skryf.  Dit is my leidraad.  As ek ‘n getal wil verdubbel, moet ek nog soveel bysit om die antwoord te kry. 

Byvoorbeeld:

1 + 1 = 2          2 + 2 = 4          3 + 3 = 6

4 + 4 = 8          5 + 5 = 10          6 + 6 = 12

7 + 7 = 14          8 + 8 = 16          9 + 9 = 18

10 + 10 = 20

As jy wil, kan jy na die YouTube-video gaan (Media) om die Verdubbel-storie te sien.

 


AKTIWITEITE

Aktiwiteit – Verdubbel 1 – 10

Voltooi bl. 96 – 99 in die Rooiboek.



TOETS JOU KENNIS