Die Werkwoord.
Beste Dolfyntjie
Vandag werk ons met werkwoorde! Ja die woord sê presies wat hy doen – hy werk of doen iets.
Kyk na die video as jy kan en jy sal sommer vinnig onthou wat ‘n WERKWOORD is.
AKTIWITEITE
Lees nou die voorbeeld deur.
Ek eet ‘n roomys op die strand.
Wat doen ek? Ek eet.
“eet” is die werkwoord.
Voltooi die werkkaart:
- A - Onderstreep die werkwoorde.
- B – Vul die werkwoord in.