Klanke: Woorde wat eindig op -em
Beste Dolfyntjie
Ons gaan vandag so ‘n bietjie woorde bou met -em aan die einde van die woord. Hier is 6 woorde.
-em |
|
besem | asem |
wasem | bodem |
darem | spookasem |
AKTIWITEITE
Leer die 6 woorde. Laat iemand dit vir jou vra in jul huishouding en kyk of jy hulle reg kan skryf. Ek weet jy gaan sommer flink leer. Daar is 'n taakkaart waar jy met die woorde kan sinne skryf, maar omdat dit Vrydag is, is dit opsioneel. (Jy hoef dit nie te doen nie.)
Dit is al wat ons vir vandag gaan doen. Jy moet lekker speel die naweek.
Dankie, dat jy so hard gewerk het hierdie week. Ek is trots op jou!