Graad 3 Afrikaans: Week 4: Vrydag 8 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Friday, 08 May 2020)

Klanke: Woorde wat eindig op -em

Beste Dolfyntjie

Ons gaan vandag so ‘n bietjie woorde bou met -em aan die einde van die woord. Hier is 6 woorde. 

-em

besem asem
wasem bodem
darem spookasem

AKTIWITEITE

Leer die 6 woorde.  Laat iemand dit vir jou vra in jul huishouding en kyk of jy hulle reg kan skryf.  Ek weet jy gaan sommer flink leer.   Daar is 'n taakkaart waar jy met die woorde kan sinne skryf, maar omdat dit Vrydag is, is dit opsioneel. (Jy hoef dit nie te doen nie.)

Dit is al wat ons vir vandag gaan doen.  Jy moet lekker speel die naweek. 

Dankie, dat jy so hard gewerk het hierdie week.  Ek is trots op jou!


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceTK Klanke 8Mei.pdf

TOETS JOU KENNIS