Graad 3 Lewensvaardigheid: 28 April 2020

(Lesson Scheduled For: Tuesday, 28 April 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Insekte

Môre maats

Ons gaan vandag weer die tema van Insekte hersien. Ons het die laaste drie weke baie geleer oor insekte en hul kenmerke. Hierdie week gaan ons afsluit met ‘n insekprojek. Jy mag jou eie insek kies en inligting daaroor soek vir jou insekboekie. Jy mag jou DBE-boek gebruik vir inligting. 


AKTIWITEITE

Nou gaan jy die werkkaart voltooi. Jy moet die instruksies mooi lees en deeglik volg. As jy nie iets het om jou insekboekie mee te knip of bind nie, mag jy jou blokke net nommer en die A4 bladsy heel hou. Na afloop van jou werkkaart mag jy jou lyfie vermaak met lekker balans oefeninge. Dink kreatief en probeer aan oulike idees dink om jou balans te oefen.

 

Werktaak 12; Aktiwiteit:

Skriftelike opdrag:

  • Jou insekboekie moet bestaan uit 6 blokke op ‘n A4.
  • Knip jou blokke uitmekaar en bind jou boekie.
  • Nommer jou boekie se bladsye, maar moenie jou omslag

nommer nie.

 

  • Blokke 1+2: Maak ‘n omslag vir die boek en skryf ‘n titel voorop.
  • Blok 3: Maak ‘n inhoudslys / inhoudsbladsy
  1. My insek:........
  2. My insek se eienskappe
  3. Iets interessant oor my insek

 

LIGGAAMSOPVOEDING ; Balans

Opwarming

 

Vaardighede: Balanseer op die linker- en regtervoet. Staan stil, buig vooroor, druk op die grond en maak selfs met jou arms uitgestrek beurte om verskeie bene te balanseer. Kry vir jou 'n fokuspunt, sodoende behoort jy 'n beter balans te hê.

 

Afkoelingsaktiwiteit



TOETS JOU KENNIS