Graad 3 Lewensvaardigheid: Insekfeite, 30 April 2020

(Lesson Scheduled For: Thursday, 30 April 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Insekte en hul kenmerke

Môre maats

Ons is nou op die laaste dag van ons insekboekie. Vandag is vir my die lekkerste deel! Jy kry ‘n kans om my met jou insek te beïndruk. Jy gaan vandag vir my kortliks vertel oor jou insek. Teen hierdie tyd behoort jy te weet dat daar baie verskillende soorte insekte is. Ons kry mooi, nie so mooi, groot, klein, vinnige, stadige, nuttige en selfs skadelike insekte. Party insekte kom net bedags uit en ander soos die kakkerlakke en motte verkies om in die nag uit te kom. Party insekte is werkers en ander insekte se werk is om skade aan te rig. Het jy geweet dat Miskruiers vroeg soggens en vroeg saans werk? Hulle maak ‘n bol van vars mis. Hulle rol die bol weg en begrawe dit. Die bol is dan gereed sodat die wyfie haar eiers daarin kan lê. Ons gaan lekker oor lewensiklusse praat volgende week.


AKTIWITEITE

As jy jou paragraaf wil begin skryf, dink juffrou jy moet dit eers op 'n ander bladsy skryf. Dan kan iemand jou spelfoute regstel voor jy dit oorskryf. Skryf mooi uitgebreide sinne met die nodige hoofletters en leestekens in. Probeer om ses feite te kry, maak dan jou ses sinne met die feite. Moenie al jou interessante feite by jou paragraaf skryf nie. Hou die beste vir jou laaste bladsy. Op jou laaste bladsy moet jy vir juffrou iets baie interessant skryf oor jou gunsteling insek. Hierdie feit sal my finaal oortuig hoekom dit jou gunsteling insek is. Juffrou hoop dat julle die insekte en al hul gogga geite geniet het.

 

Werktaak 14: Aktiwiteit

Skriftelike opdrag:

  • Blok 5: Skryf ‘n paragraaf oor die insek se eienskappe. (± 6 sinne)
  • Blok 6: Skryf iets interessant oor jou insek.


TOETS JOU KENNIS