Graad 3 Lewensvaardigheid: Maskers, 1 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Friday, 01 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Insekmaskers

Môre maats

Vrydae is altyd lekker, want julle vra altyd of ons kan kuns doen. Vandag gaan ons lekker insekmaskers maak. Kry ‘n volwassene om jou te help met al die knip en gom werk. Juffrou het ‘n templaat van ‘n eenvoudige masker op jou werkkaart gesit. Jy hoef nie hierdie templaat te gebruik nie. Jy mag jou eie kreatiewe manier gebruik, solank jy dit geniet!


AKTIWITEITE

Kry al jou benodighede eers reg voor jy met jou masker begin. Jy benodig 'n skêr, gom, versierings, papier / karton. Lees eers al die instruksies deeglik deur, voor jy begin met jou masker. 

 

Werktaak 15; Aktiwiteit:

Instruksies:

  • Sny jou masker se templaat van jou keuse uit.
  • Beplan eers hoe jy die masker wil gebruik, bv. op 'n stokkie vasplak of met 'n lint om jou kop vasbind.
  • Nou kan jy jou masker met voorwerpe soos knope of kreatiewe potlood patrone versier.
  • Hou net in gedagte dat dit 'n insek moet vertoon.
  • Jy mag 'n volwassene vra om by juffrou te spog met 'n foto van jou en jou insekmasker.


TOETS JOU KENNIS