Graad 4 Afrikaans – Basisvorme en voorvoegsels 1

(Lesson Scheduled For: Thursday, 07 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Basisvorme en voorvoegsels

Doelwit:

Leerders moet weet wat ‘n basisvorm is.  Hulle moet ook die voorvoegsel in ‘n woord kan

identifiseer.

 

Lesinhoud:     

Goeie dag Graad 4’s

Vandag gaan ons kyk na die kleinste betekenisvolle eenheid van ‘n woord, naamlik basisvorme of stamme.

‘n Stam/basisvorm is die kleinste deel van die woord wat betekenis gee aan die woord:

Bv.  oefening = oefen sal die stam of basisvorm wees.

       gesondheid = gesond sal die stam of basisvorm wees.

‘n Woord kan ook meer as een stam/baisvorm hê.

Bv.  tuinslang = tuin + slang is die stam of basisvorm.

Voorvoegsels word weer vooraan die stamwoorde of basisvorme bygevoeg.

Voorvoegsels is nie ‘n volledige woord nie en kan nie alleen staan nie.

Wanneer ‘n voorvoegsel vooraan ‘n stam of basisvorm gevoeg word, word ‘n nuwe woord gevorm.

Bv. oefen –> geoefen (ge-  is jou voorvoegsel)

       trou –> vertrou  (ver– is jou voorvoegsel)

Kyk gerus weer na die volgende video om jou weer te help met die verduideliking:

Kom ons kyk nou of jy verstaan deur die aktiwiteit te doen.


AKTIWITEITE

(Aangeheg is die hele week se aktiwiteite, jy moet slegs vandag, Donderdag, se aktiwiteit voltooi.)

 

AKTIWITEIT:

Gebruik DBO Afrikaans Huistaal – rooiboek: Bl.89-90.

Onderaan bl.89 is ‘n tabel met woorde.

Omkring al die voorvoegsels.

Onderstreep al die stamwoorde/basisvorme in die tabel.

 

Bl.90

Jy moet nou ‘n geheuekaart voltooi oor die storie wat jy beplan.

Jy kan dit net puntsgewys neerskryf op jou geheuekaart.

Kies ‘n gepaste titel.

Maak seker jy weet wie jou hoofkarakter en karakters gaan wees.

Die verandering in jou hoofkarakter se gedrag moet duidelik uiteengesit word.

 

MEMORANDUM: DONDERDAG 7 MEI

Bl.89

misverstand

onregverdig

wanhoop

onseker

verspreek

gedoen

misplaas

gesien

verryk

wanorde

ver

ongeduldig



TOETS JOU KENNIS

0%

4 Afrikaans 07-05-2020

1 / 5

Wat is die stam/basisvorm van die woord “werkende”

2 / 5

Wat word “ont-” in die woord “ontvang” genoem?

3 / 5

Die woord “skoenboks” het:

4 / 5

Wat is ‘n stam of ‘n basisvorm?

5 / 5

Wat is die voorvoegsel van die woord “geswem”?

Your score is

The average score is 84%

0%