Graad 4 Afrikaans – Begripstoets: Mandu

(Lesson Scheduled For: Thursday, 14 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Begripstoets: Mandu

Doelwit:

Leerders moet ‘n storie kan lees en vrae gebaseer op die storie kan beantwoord.

 

Lesinhoud:     

Goeie dag Graad 4’s

Vandag gaan ons weer kyk na ‘n kortverhaal.

                       

Maak jou rooiboek oop op bl.94,  voordat jy die teks lees, kyk na die opskrifte en prentjies.  Kan jy dalk voorspel waaroor die teks gaan?

Lees die teks nou deur, indien daar iets is wat jy nie verstaan nie, lees dit weer stadig deur.

Kan jy nog onthou wat ‘n sinoniem is?

Die “S” staan vir selfde.  Dit verwys dus na ‘n woord wat dieselfde betekenis het.

Bv.  mooi en pragtig

Beantwoord nou die vrae oor Mandu se geheime dagboek.


AKTIWITEITE

(Aangeheg is die hele week se aktiwiteite, jy moet slegs vandag, Maandag, se aktiwiteit voltooi.)

 

AKTIWITEIT:

Gebruik DBO Afrikaans Huistaal – rooiboek: Bl.94-96.

Lees die kortverhaal oor Mandu se geheime dagboek deur en beantwoord die vrae.

 

Bl.96

Die volgorde van die kortverhaal oor Mandu is deurmekaar geskommel.  Nommer nou die sinne van 1 tot 6 om die korrekte volgorde van die storie aan te dui.

 

MEMORANDUM: DONDERDAG 14 MEI

Bl.95

valstrik = lokval          skree = gil                   wenk = leidraad

 

  • Waarom wou Mandu haar dagboek wegsteek?

Sy skryf elke dag in haar dagboek wat sy daardie dag gedoen het, asook haar geheime.

 

  • Waarom het sy haar boetie Ndi verdink?

Sy het vuil merke gesien, en haar boetie se hande is altyd vuil.

 

  • Watter lokval het hulle gestel?

Hulle het bietjie meel gesprinkel op die vloer langs haar bed, sodat die persoon voetspore los.

 

  • Waarom het sy Anita verdink?

Hulle het ‘n blonde haar gevind, en Anita is die enigste persoon met blonde hare in die huis.

 

Nommer 1 tot 6 die korrekte volgorde van die storie:

4.

Sy het ‘n blonde haar in die dagboek ontdek.

1.

Sy het haar dagboek weggesteek.

3.

Sy het vuil merke in die dagboek gekry.

6.

Sy het haar hond met haar dagboek sien speel.

2.

Sy het besef dat iemand haar dagboek gelees het.

5.

Sy het ‘n lokval gestel deur meel op die vloer te sprinkel.

 



TOETS JOU KENNIS