Graad 4 Afrikaans – Begripsvrae oor inligtingsteks

(Lesson Scheduled For: Monday, 27 April 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Begripsvrae oor inligtingsteks

Goeie dag Graad 4’s.

Vandag gaan ons kyk na inligtingstekste.

Wat is ‘n inligtingsteks?

Inligting + teks = inligtingsteks

Dit is dus ‘n teks wat vir jou inligting deurgee of verskaf.

Voorbeelde van inligtingstekste is bv. advertensies, tydskrifartikels, koerantartikels, ens.

Maak jou rooiboek oop op bl.78,  voordat jy die teks lees, kyk na die opskrifte en prentjies.  Kan jy dalk voorspel waaroor die teks gaan?

Lees die teks nou deur, indien daar iets is wat jy nie verstaan nie, lees dit nou weer stadig deur.

Hierdie teks gee dus vir ons baie inligting oor oefening en hoekom oefening belangrik is.


AKTIWITEITE

(Aangeheg is die hele week se aktiwiteite, doen slegs vandag (Maandag) se aktiwiteit.)

 

Aktiwiteit:

Gebruik DBO Afrikaans Huistaal – rooiboek: Bl.78-79

Lees die artikel wat jou gegee word op bl.78.

Voltooi die  vrae oor die artikel op bl.78 en bl.79 in jou rooiboek.

Teken nou ‘n prent onderaan bl.79 om die artikel te verduidelik/illustreer.

 

MEMORANDUM : MAANDAG 27 APRIL

Bl.78

Watter soort teks is dit?  C – Inligtingsteks

Wat behoort kinders minder te doen?   B –  Minder TV te kyk

 

Bl.79

Watter voordele van oefening word genoem? Kan enige drie van die volgende wees:

  • Oefening hou jou hart gelukkig.
  • Oefening maak ons spiere sterk.
  • Oefening maak jou soepel.
  • Oefening help jou om ‘n goeie gewig te handhaaf.

 

Wat beteken oefening hou jou hart gelukkig?

Oefening is goed vir jou hart, want jou liggaam kry meer suurstof en dit maak jou hart sterker.

 

Enige prentjie waar iemand aktief besig is, is korrek.



TOETS JOU KENNIS