Graad 4 Afrikaans – Beplan ‘n inligtingsteks

(Lesson Scheduled For: Tuesday, 28 April 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Beplan 'n inligtingsteks

Goeie dag Graad 4’s

Gister het ons gekyk na hoe ‘n inligtingsteks lyk.  Vandag gaan jy jou eie inligtingsteks beplan.

Dink solank waaroor jy kan skryf.  Enige onderwerp wat inligting aan die leser verskaf. 

Kom ons vat bv. Die Groot Vyf as ‘n voorbeeld. 

Kies ‘n titel vir jou teks. Dink aan twee of drie belangrike idees wat jy oor dit kan skryf. 

                                       Die Groot Vyf

Bestaan uit:                                   Wat maak hulle spesiaal?                 Waar word hulle aangetref?

  • Die leeu
  • Die olifant
  • Die buffel
  • Die luiperd
  • Die renoster

Jy gaan nou eie inligtingsteks beplan op bl.80.


AKTIWITEITE

(Aangeheg is die hele week se aktiwiteite, doen slegs vandag (Dinsdag) se aktiwiteit.)

 

Aktiwiteit:

Gebruik DBO Afrikaans Huistaal – rooiboek: Bl.80

Beplan jou eie inligtingsteks op bl80. ONTHOU jy moet inligting deurgee aan die persoon wat dit sal lees.

Dit kan bv.oor sportsoorte, gesondheid, die natuur, ‘n geleentheid wat gaan plaasvind, ens. gaan. Wees kreatief!

Ignoreer die staafdiagram onderaan die bladsy wat jy moet teken.

 

MEMORANDUM : DINSDAG 28 APRIL

Bl.80

Vra iemand in julle huishouding om jou beplanning deur te lees.



TOETS JOU KENNIS