Graad 4 Afrikaans – Beplan ‘n storie

(Lesson Scheduled For: Friday, 08 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Beplan ‘n storie

Doelwit:

Die leerder moet ‘n geheuekaart kan maak oor ‘n hoofkarakter wat se gesindheid verander met verloop van die storie.

 

Lesinhoud:

Goeie dag maats

Ons het die hele week gekyk na die storie van Lulu en hoe haar gesindheid/houding/gedrag verander het teenoor haar maats na die einde van die storie.

Jy moet nou self jou eie storie beplan waar jou hoofkarakter se gedrag/houding verander in die storie.  Van bv. sleg (onvriendelik/ oneerlik) na goed (vriendelik/ eerlik).  Jy kan self besluit watter verandering gaan plaasvind.


AKTIWITEITE

(Aangeheg is die hele week se aktiwiteite, jy moet slegs vandag, Vrydag, se aktiwiteit voltooi.)

 

AKTIWITEIT:

Gebruik DBO Afrikaans Huistaal – rooiboek: Bl.90.

Jy moet nou ‘n geheuekaart voltooi oor jou eie storie wat jy beplan om te skryf.

Jy kan dit net puntsgewys neerskryf op jou geheuekaart.

Kies ‘n gepaste titel.

Maak seker jy weet wie jou hoofkarakter en karakters gaan wees.

 

MEMORANDUM: VRYDAG 8 MEI

 

Bl.90

Kontroleer jou paragraaf:

Kontrolelys

Ja

Nee

Jou storie het ‘n titel

 

 

Jy het een hoofkarakter.

 

 

Jy het ander karakters met name.

 

 

Daar vind ‘n verandering plaas in jou hoofkarakter se gesindheid.

 

 

Daar word aangedui hoe die persoon se gesindheid/houding verander.

 

 



TOETS JOU KENNIS