Graad 4 Afrikaans – Byvoeglike naamwoorde 1

(Lesson Scheduled For: Wednesday, 06 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Byvoeglike naamwoorde

Doelwit:

Leerders moet byvoeglike naamwoorde kan identifiseer.

 

Lesinhoud:     

Goeie môre Graad 4’s

Vandag gaan ons kyk na byvoeglike naamwoorde.

Wat is ‘n byvoeglike naamwoord?  (Kyk na powerpoint aangeheg.)

Byvoeglike naamwoorde beskryf die selfstandige naamwoorde (waaraan jy kan vat).

Bv. Ek het ‘n groot tas.

Groot is dus die byvoeglike naamwoord, want dit beskryf die tas.

Bv. Die vinnige seun het sterk arms. 

Vinnige en sterk is die byvoeglike naamwoorde.

Kom ons kyk of jy nou byvoeglike naamwoorde verstaan deur die aktiwiteit te doen!


AKTIWITEITE

(Aangeheg is die hele week se aktiwiteite, jy moet slegs vandag, Woensdag, se aktiwiteit voltooi.)

 

AKTIWITEIT:

Gebruik DBO Afrikaans Huistaal – rooiboek: Bl.88-89.

Lees die kortverhaal van Lulu weer deur. 

Kies 6 byvoeglike naamwoorde (uit die lys) wat Lulu aan die begin van die storie beskryf.

Kies daarna 6 byvoeglike naamwoorde wat Lulu aan die einde van die storie beskryf.

 

Bl.89

Skryf ‘n kort beskrywing (2 of 3 sinne) van Lulu se geaardheid aan die begin van die storie. 

Onderstreep die byvoeglike naamwoorde

Skryf nou ‘n kort beskrywing (2 of 3 sinne) van jou beste maat en onderstreep al die

byvoeglike naamwoorde.

 

MEMORANDUM: WOENSDAG 6 MEI

Bl.88

 

Aan die begin:

Aan die einde:

Selfsugtig

Gemeen/ onbeleef

Welwillend

Gelukkig

Onwelwillend

Gulsig

Vrygewig

Vriendelik

Bederf

Kwaad/nors

Onselfsugtig

Slim

 

Bl.89

Enige beskrywing met byvoeglike naamwoorde, waar jy die byvoeglike naamwoorde onderstreep het.

Bv.  Lulu was ‘n selfsugtige dogtertjie wat baie bederf is.  Sy is 'n gemene en nors meisie teenoor haar maats.



TOETS JOU KENNIS

0%

Graad 4 Afrikaans 06-05-2020

1 / 5

Wat is die byvoeglike naamwoord in die volgende sin:
Ek lees graag interessante artikels.

2 / 5

Watter woord kan nie ‘n byvoeglike naamwoord wees nie?

3 / 5

Wat is ‘n byvoeglike naamwoord?

4 / 5

Voltooi die sin met die mees gepaste byvoeglike naamwoord.
My sussie het _________ oorbelle wat sy baie dra.

5 / 5

Wat is die byvoeglike naamwoorde in die volgende sin:
My skerp potlood kan kleurvolle prente teken.

Your score is

The average score is 75%

0%