Graad 4 Afrikaans – Die lees van ‘n kortverhaal en karakterbeskrywing

(Lesson Scheduled For: Monday, 04 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Die lees van 'n kortverhaal en karakterbeskrywing

Doelwit:         

Die leerder moet kan voorspel waaroor die storie gaan en moet vrae oor die storie kan beantwoord.  Die leerder moet kan fokus op hoe die hoofkarakter se gesindheid van die begin van die storie tot die einde van die storie verander.

Lesinhoud:     

Goeie dag Graad 4’s.

Vandag gaan ons kyk na ‘n kortverhaal.                 

Maak jou rooiboek oop op bl.86,  voordat jy die teks lees, kyk na die opskrifte en prentjies.  Kan jy dalk voorspel waaroor die teks gaan?

Lees die teks nou deur, indien daar iets is wat jy nie verstaan nie, lees dit dan weer stadig deur.

Hierdie  kortverhaal bestaan uit drie paragrawe:

  1. Inleiding – Die begin (eerste paragraaf)

Hier vertel jy vir die leser waaroor die storie gaan.  Dit moet interessant wees en die leser se aandag dadelik vasvang sodat hy/sy die storie verder wil lees.

  1. Die middel (tweede paragraaf)

In hierdie paragraaf gee jy al die besonderhede of inligting deur.  Hier word vertel wat alles in die storie gebeur.

 

  1. Slot – Die einde (laaste paragraaf)

Hierdie paragraaf sluit mooi aan by die eerste paragraaf en vat die hele storie mooi saam.  Dit is hoe die storie afgesluit word.

Gaan lees nou die kortverhaal oor Lulu en haar maatjies deur en beantwoord die vrae in jou rooiboek.


AKTIWITEITE

(Aangeheg is die hele week se aktiwiteite, jy moet slegs vandag, Maandag, se aktiwiteit voltooi.)

 

AKTIWITEIT:

Gebruik DBO Afrikaans Huistaal – rooiboek: Bl.86-87

Lees die kortverhaal deur en beantwoord al die vrae daaroor.

Onthou om vir die storie ‘n goeie/treffende titel te gee.

 

MEMORANDUM: MAANDAG 4 MEI

Bl.86-87

Titel – Jy kan enige titel gebruik het, maak seker dat dit met ‘n hoofletter begin en verwys na

die teks.

Watter soort maat was Lulu? C – selfsugtig en gemeen

Waar het Lulu gewoon? C – In ‘n pragtige woonbuurt.

Wanneer het Lulu se maats haar besoek? A – Op ‘n sonnige Saterdagmiddag.

Hoe het Lulu se maats haar laat besef dat sy verkeerd optree? A – Hulle het haar nie laat

saamspeel nie.

 

Waarom was Lulu aan die begin selfsugtig?

Sy is die enigste kind en word lekker bederf. Sy deel ook glad nie haar speelgoed nie.

(Enige soortgelyke antwoord.)

 

Hoe het Lulu se maats oor haar selfsugtigheid gevoel?

Hulle was hartseer daaroor.  Hulle het seergemaak gevoel, of sleg gevoel.

(Enige soortgelyke antwoord.)



TOETS JOU KENNIS