Graad 4 Afrikaans – Meervoude, verkleinwoorde, enkelvoudige en saamgestelde sinne

(Lesson Scheduled For: Friday, 01 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Meervoude, verkleinwoorde, enkelvoudige en saamgestelde sinne

Doelwit:         

Leerders moet woorde se meervoude en verkleiningsvorm korrek kan neerskryf.

Hulle moet die verskil tussen enkelvoudige en saamgestelde sinne weet.

Lesinhoud:     

Goeie dag maats

Vandag gaan ons eers kyk na meervoude en verkleinwoorde.

Meervoude word gebruik wanneer ons met meer as een werk.

Hoe kan ons woorde in meervoude skryf:

  • Die byvoeging van die -s- niggie – niggies      voël – voëls
  • Die byvoeging van die -e-   muis – muise          maand – maande
  • Verdubbel die laaste medeklinker as die klinker kort is:

       Bv. rot – rotte          bak – bakke

  • Die kort a-klank verander na ‘n lang a-klank. Bv. dag – dae, gat – gate
  • By die lang aa-, ee-, uu- en oo- klinkers val een klinker weg.

      Bv. skaap – skape      steen – stene

  • Sekere woorde kry ‘n deelteken wat wys dat die -e- apart uitgespreek word. Bv oog – oë vlieg – vlieë

Verkleinwoorde:

Volg gerus die links hieronder vir meer verduideliking van verkleinwoorde:

Ons het reeds na verkleinwoorde gekyk verlede kwartaal.  Om net weer vinnig te hersien, lees die inigting oor verkleinwoorde deur op Bl.84.

Doen nou die oefening oor meervoude en verkleinwoorde op bl.85.

Nou gaan ons kyk na enkelvoudige en saamgestelde sinne.

Waaruit bestaan ‘n enkelvoudige sin?

n Enkelvoudige sin het ‘n onderwerp, een werkwoord/ gesegde en ‘n voorwerp.

Belangrikste: Hierdie sin het net een werkwoord!

Wat is ‘n onderwerp, voorwerp en gesegde?

 

Pieter skop die bal.

Onderwerp Wie voer die aksie uit? Pieter
Werkwoord/Gesegde Wat is die aksie of doenwoord? skop
Voorwerp Wie of wat? die bal

n Saamgestelde sin bestaan uit twee sinne en het altyd twee of meer werkwoorde.  Hierdie twee sinne word dan verbind met ‘n voegwoord.

Bv.  My ma bak koekies.  Sy is besig om my sussie met huiswerk te help.

My ma bak koekies, terwyl sy besig is om my sussie met huiswerk te help.

Daar is twee werkwoorde naamlik bak en help, dus is dit ‘n saamgestelde sin.

Kom ons kyk of julle kan onderskei tussen enkelvoudige en saamgestelde sinne deur ‘n aktiwiteit op bl.85 te doen.


AKTIWITEITE

AKTIWITEIT:

Gebruik DBO Afrikaans Huistaal – rooiboek: Bl.85

Voltooi die tabel deur die woorde se meervoude en verkleinwoorde neer te skryf. 

Dui daarna aan of die sinne in die tabel enkelvoudige of saamgestelde sinne is.  Maak dan jou eie twee saamgestelde sinne.

 

MEMORANDUM : VRYDAG 1 MEI

Enkelvoud

Meervoud

Verkleinwoord

duim

duime

duimpie

vlam

vlamme

vlammetjie

ring

ringe

ringetjie

poot

pote

pootjie

stoel

stoele

stoeltjie

boek

boeke

boekie

toring

torings

torinkie (Onthou “g” val weg)

 

Sin

Enkelvoudige

Saamgestelde

Hy speel rugby en sy doen haar huiswerk.

 

 

Omdat sy ‘n doel aangeteken het, het Nuwedorpskool die wedstryd gewen.

 

Ek hou daarvan om tennis te speel en ek hou daarvan om te wen.

 

Die seuns en die dogters neem aan atletiek deel.

 

 

 



TOETS JOU KENNIS

0%

Graad 4 - Afrikaans - 2020-05-01

1 / 5

Watter een pas nie. Ons het vandag gekyk na...

2 / 5

Watter woord is nie korrek gespel in sy meervoud nie?

3 / 5

Watter woord is nie korrek gespel in sy verkleiningsvorm nie?

4 / 5

Watter sin is nie ‘n saamgestelde sin nie?

5 / 5

Watter sin is nie ‘n enkelvoudige sin nie?

Your score is

The average score is 57%

0%