Graad 4 Afrikaans – Skryf ‘n dagboekinskrywing

(Lesson Scheduled For: Friday, 15 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Skryf ‘n dagboekinskrywing

Doelwit:

Die leerder moet ‘n dagboekinskrywing vanuit die oogpunt van die hoofkarakter in die verlede kan skryf.

 

Lesinhoud:

Goeie dag maats

Ons het gister die storie van Mandu se geheime dagboek gelees. Vandag gaan jy jou verbeel jy is Mandu.  Jy gaan ‘n dagboekinskrywing skryf waarin jy opsom wat vandag met jou (Mandu) gebeur het. 

Wat is ‘n dagboekinskrywing? 

Dit is ‘n opname wat terugvoering gee oor die dag se gebeurtenisse. 

Dit word gewoonlik aan die einde van die dag geskryf, daarom word jou sinne altyd in die verlede tyd geskryf.

  • Dink aan hoe Mandu voel of gevoel het oor dit wat gebeur het vandag.
  • Fokus op haar hoogte- en laagtepunte van die dag.

AKTIWITEITE

(Aangeheg is die hele week se aktiwiteite, jy moet slegs vandag, Vrydag, se aktiwiteit voltooi.)

 

AKTIWITEIT:

Gebruik DBO Afrikaans Huistaal – rooiboek: Bl.96

Verbeel jou jy is Mandu.

Skryf ‘n dagboekinskrywing waarin jy opsom wat vandag met jou (Mandu) gebeur het.

Jou dagboekinskrywing moet in die verlede tyd geskryf word.

 

Watter tipe karakter is Mandu?  Hoe lyk sy?

Dink aan byvoeglike naamwoorde om Mandu te beskryf en vul dit in die wolkies in onderaan bl.96.

Skryf nou ‘n paragraaf oor Mandu om haar te beskryf op bl.97.

 

MEMORANDUM: VRYDAG 15 MEI

Bl.96

 

Kontroleer jou dagboek:

Kontrolelys

Ja

Nee

Jou dagboekinskrywing gaan oor Mandu se geheime dagboek.

 

 

Elke sin het ‘n hoofletter en ‘n punt, en die sinne is nie te lank nie.

 

 

Die sinne of punte vloei mooi en sluit mooi by mekaar aan.

 

 

Daar is geen spelfoute nie.

 

 

 

Byvoeglike naamwoorde om Mandu te beskryf:

  • Slim / intelligent                   
  • Oulik
  • kreatief / inisieer                 
  • lang / krul / bruin hare

 

Paragraaf waarin jy Mandu beskryf:

Maak seker jy gebruik die byvoeglike naamwoorde wat jy neergeskryf het in die wolkies in jou paragraaf.

Voorbeeld:

Mandu is ‘n meisie met lang, bruin hare. Sy is ‘n oulike en intelligente dogter wat goeie planne maak.  Sy dink aan baie kreatiewe planne om probleme op te los.



TOETS JOU KENNIS