Graad 4 Afrikaans – Skryf ‘n inligtingsteks

(Lesson Scheduled For: Wednesday, 29 April 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Skryf 'n inligtingsteks

Môre Graad 4’s

Gister het jy jou inligtingsteks beplan.  Vandag gaan jy dit mooi bymekaar sit en jou finale weergawe skryf. 

Jou teks kan in paragrawe of punt vir punt geskryf word om die lees daarvan te vergemaklik.  Elke sin moet met ‘n hoofletter begin en met ‘n leesteken eindig.

Inleiding: (Eerste paragraaf)

By jou inleiding vertel jy vir ons waaroor jou teks gaan.  Deur net jou eerste paar sinne of inleiding te lees, moet ons kan aflei waaroor jou teks handel.

Hoofteks:

Hier vertel jy nou in detail, met genoeg inligting,feite en besonderhede waaroor jou teks gaan.  Jy gee alle belangrike inligting deur. Jy bespreek hier jou hoofgedagtes.

Slot: (Laaste paragraaf)

Hier word jou teks/storie mooi saamgevat en afgesluit.  

Nou toe, kom ons kyk hoe kreatief julle kan wees!


AKTIWITEITE

(Aangeheg is die hele week se aktiwiteite, doen slegs vandag (Woensdag) se aktiwiteit.)

 

Aktiwiteit:

Gebruik DBO Afrikaans Huistaal – rooiboek: Bl.81

Skryf nou jou inligtingsteks  wat jy gister beplan het.

ONTHOU: Die inleiding vertel vir ons waaroor jou teks gaan.

              By die hoofteks gee jy vir ons die feite/inligting deur.

 

MEMORANDUM : WOENSDAG 29 APRIL

Bl.81

Kontroleer jou inligtingsteks.

Kontrolelys

Ja

Nee

Jou inligtingsteks het ‘n titel.

 

 

Jou inleiding vertel ons waaroor jou teks gaan.

 

 

Elke sin het ‘n hoofletter en ‘n punt, en die sinne is nie te lank nie.

 

 

Die sinne of punte vloei mooi en sluit mooi by mekaar aan.

 

 

Daar is geen spelfoute nie.

 

 

 



TOETS JOU KENNIS