Graad 4 Afrikaans – Skryf ‘n paragraaf

(Lesson Scheduled For: Tuesday, 05 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Skryf 'n paragraaf

Doelwit:

Die leerder moet ‘n paragraaf (dagboekinskrywing) vanuit die gesigspunt van die hoofkarakter kan skryf.

 

Lesinhoud:

Goeie dag Graad 4’s

Gister het ons gekyk na die kortverhaal oor Lulu.  Ons het gesien hoe haar karakter verander het vanaf ‘n selfsugtige maatjie na ‘n mededeelsame maatjie wat ander maats ook in ag neem.

Lulu se maats moes haar eers ‘n les leer, voordat sy besef het dat sy nie mooi optree teenoor haar maats nie.  Lulu het dus besluit sy wil nie meer so ‘n selfsugtige maatjie wees nie, en daarom het haar houding en gesindheid verander aan die einde van die storie.

Indien jy nou in Lulu se skoene was, hoe sou jy gevoel of gereageer het?  Sou jy kwaad gewees het vir jou maats wat vir jou ‘n les probeer leer het?  Sou jy jou gesindheid ook verander het? 

Voltooi nou die aktiwiteit op bl.88.


AKTIWITEITE

(Aangeheg is die hele week se aktiwiteite, jy moet slegs vandag, Dinsdag, se aktiwiteit voltooi.)

 

AKTIWITEIT:

Gebruik DBO Afrikaans Huistaal – rooiboek: Bl.88.

Lees die kortverhaal van Lulu weer deur.  Stel jou nou voor jy is Lulu. 

Skryf ‘n paragraaf waarin jy opsom wat vandag met jou gebeut het.

Jou storie moet uit een paragraaf bestaan met +- 60 woorde.

 

MEMORANDUM: DINSDAG 5 MEI

Bl.88

 

Kontroleer jou paragraaf:

Kontrolelys

Ja

Nee

Jou storie bestaan uit een paragraaf. (Sinne is nie puntsgewys nie.)

 

 

Elke sin het ‘n hoofletter en ‘n punt, en die sinne is nie te lank nie.

 

 

Die sinne of punte vloei mooi en sluit bymekaar aan.

 

 

Daar is geen spelfoute nie.

 

 


 



TOETS JOU KENNIS