Graad 4 Afrikaans – Skryf ‘n storie

(Lesson Scheduled For: Monday, 11 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Skryf ‘n storie

Doelwit:         

Die leerder moet ‘n storie kan skryf oor ‘n karakter, waar die karakter se houding/gesindheid verander na die einde van die storie.

Lesinhoud:     

Goeie dag Graad 4’s.

Jy het Vrydag ‘n storie beplan, waar jou hoofkarakter se gedrag tydens die storie verander het.  Vandag gaan jy die storie in paragrawe skryf.

           

Jou storie moet bestaan uit drie paragrawe:

  1. Inleiding – Die begin (eerste paragraaf)

Hier vertel jy vir die leser waaroor die storie gaan.  Dit moet interessant wees en die leser se aandag dadelik vasvang sodat hy/sy die storie verder wil lees. 

Maak seker jy dui aan hoe jou karakter se gedrag aan die begin is.

  1. Die middel (tweede paragraaf)

In hierdie paragraaf gee jy al die besonderhede of inligting deur.  Hier word vertel wat alles in die storie gebeur.

Hier moet jy skryf wat gebeur met jou karakter om sy/haar se houding te laat verander.

 

  1. Slot – Die einde (laaste paragraaf)

Hierdie paragraaf sluit mooi aan by die eerste paragraaf en vat die hele storie mooi saam.  Dit is hoe die storie afgesluit word.

In hierdie paragraaf moet dit duidelik wees hoe die karakter se gedrag verander het, en hoe sy/hy nou optree.


AKTIWITEITE

(Aangeheg is die hele week se aktiwiteite, jy moet slegs vandag, Maandag, se aktiwiteit voltooi.)

 

AKTIWITEIT:

Gebruik DBO Afrikaans Huistaal – rooiboek: Bl.91

Skryf jou storie wat jy beplan het op bl.90 nou oor in paragrawe op bl.91. 

Maak seker jy dui jou karakter se gedrag in die inleiding aan.

In die middel moet jy beskryf wat gebeur het hoekom die karakter hy/sy gedrag verander het.

Aan die einde moet jy aandui hoe die karakter nou optree.

Onthou om vir die storie ‘n goeie/treffende titel te gee.

 

MEMORANDUM: MAANDAG 11 MEI

Bl.91

Kontroleer jou storie:

Kontrolelys

Ja

Nee

Jou storie het ‘n titel.

 

 

Jou inleiding (die begin) vertel ons waaroor jou storie gaan.

 

 

Jou middel vertel hoekom sy/haar gedrag verander het.

 

 

Die einde vertel hoe die karakter se gedrag nou is en som jou storie mooi op.

 

 

Elke sin het ‘n hoofletter en ‘n punt, en die sinne is nie te lank nie.

 

 

Die sinne vloei mooi en sluit mooi bymekaar aan.

 

 

Daar is geen spelfoute nie.

 

 

 



TOETS JOU KENNIS