Graad 4 Afrikaans – Tydsvorme

(Lesson Scheduled For: Wednesday, 13 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Tydsvorme

Doelwit:

Leerders moet sinne in die verskillende tydsvorme kan skryf.

 

Lesinhoud:     

Goeie môre Graad 4’s

Vandag gaan ons kyk na tydsvorme.

Wat is tydsvorme?  (Kyk na die powerpoint aangeheg.)

Daar is drie verskillende soorte tye:

  1. Teenwoordige tyd (gebeur op die oomblik)

Bv.  Ek eet ‘n appel.

  1. Verlede tyd (het reeds gebeur)

Bv.  Ek het ‘n appel geëet.

NB: Indien ‘n woord “ge-” vooraan het, is dit altyd in die verlede tyd.

  1. Toekomende tyd (sal nog gebeur)

Bv.  Ek sal ‘n appel eet.

Kom ons kyk of jy tydsvorme verstaan deur die aktiwiteit te doen op bl. 93


AKTIWITEITE

(Aangeheg is die hele week se aktiwiteite, jy moet slegs vandag, Woensdag, se aktiwiteit voltooi.)

 

AKTIWITEIT:

Gebruik DBO Afrikaans Huistaal – rooiboek: Bl.93

Groepeer die woorde in die blokkies wat hulle aan jou gee, in die korrekte kolomme in die tabel. ONTHOU: Indien ‘n woord “ge-” vooraan het, is dit altyd in die verlede tyd.

 

Onderaan bl.93 moet jy sinne beantwoord deur met “Nee” te begin.

Die woord “nie” moet jy twee keer in elke sin gebruik.

Bv.  Het Piet gaan stap vandag?

Nee, Piet het nie gaan stap vandag nie.

 

MEMORANDUM: WOENSDAG 13 MEI

Bl.93

 

Teenwoordige tyd

Verlede tyd

Teenwoordige tyd

Verlede tyd

Eet

Geëet

Hoor

Geleer

Drink

Gevang

Leer

Geneem

Vang

Gehoor

Slaap

Geslaap

Skryf

Gepraat

Weet

Geweet

Praat

Gehardloop

Hardloop

Geskryf

Neem

Gedrink

 

Gedink

 

Bl.93

  • Nee, Jabu wil nie ‘n nuwe skaatsplank koop nie.
  • Nee, ek wil nie vanmiddag rugby speel nie.
  • Nee, die hond slaap nie alleen buite nie.
  • Nee, Susan wil nie vandag by Mandu gaan speel nie.
  • Nee, die kinders eet nie graag lekkergoed nie.


TOETS JOU KENNIS