Graad 4 Afrikaans – Werkwoorde

(Lesson Scheduled For: Tuesday, 12 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Werkwoorde

Doelwit:

Die leerder moet ‘n werkwoord kan identifiseer en weet wat dit is.

 

Lesinhoud:

Goeie dag Graad 4’s

Vandag gaan ons kyk na werkwoorde.

Ons het reeds in kwartaal een werkwoorde behandel, so kom ons kyk of jy nog kan onthou.

Wat is ‘n werkwoord?  (Kyk na die powerpoint aangeheg.)

Werkwoorde is die doenwoorde in die sin.  Dit dui die aksie aan.

Bv. Ek borsel my tande. Borsel is dus die werkwoord, want dit is wat jy doen in die sin.

Bv. Die seun hardloop ‘n wedloop.  Hardloop is die werkwoord.

Kan jy nog onthou wat ‘n onderwerp, voorwerp en gesegde is?

Kom ons hersien gou weer:

Susan pluk ‘n roos.

Onderwerp Wie voer die aksie uit? Susan
Werkwoord/Gesegde Wat is die aksie of doenwoord? pluk
Voorwerp Wie of wat? ‘n roos

AKTIWITEITE

(Aangeheg is die hele week se aktiwiteite, jy moet slegs vandag, Dinsdag, se aktiwiteit voltooi.)

 

AKTIWITEIT:

Gebruik DBO Afrikaans Huistaal – rooiboek: Bl.92.

Kyk mooi na die prentjies en identifiseer die werkwoord.

Skryf ‘n sin met die werkwoord , ‘n onderwerp en ‘n voorwerp in die teenwoordige tyd.

Skryf dieselfde sinne dan weer oor in die verlede tyd.

 

MEMORANDUM: DINSDAG 12 MEI

Bl.92

 

Werkwoord:

Voorbeeld van ‘n sin:

vang/hardloop

Die seun (Hy) vang die bal. Die seun (Hy) hardloop met die bal.

spring

Die dogter (Sy) spring tou.

hardloop

Die seun (Hy) hardloop met die bal.

kolf/slaan

Die seun (Hy) kolf. Die seun (Hy) slaan die bal.

swem

Die seun (Hy) swem in die swembad.

 

Werkwoord:

Voorbeeld van die sin in die verlede tyd:

1.vang/hardloop

Die seun (Hy) het die bal gevang. Die seun (Hy) het met die bal gehardloop.

2. spring

Die dogter (Sy) het tou gespring.

3. hardloop

Die seun (Hy) het met die bal gehardloop.

4. kolf/slaan

Die seun (Hy) het gekolf. Die seun (Hy) het die bal geslaan.

5. swem

Die seun (Hy) het in die swembad geswem.

 

 

ONDERWERP

VOORWERP

GESEGDE

1.

Die seun / Hy

Die bal

het gevang/ gehardloop

2.

Die dogter / Sy

tou

het gespring

3.

Die seun / Hy

die bal

het gehardloop

4.

Die seun/ Hy

die bal

het gekolf/ geslaan

5.

Die seun/ Hy

in die swembad

het geswem



TOETS JOU KENNIS

0%

Graad 4 Afrikaans 12 Mei 2020

1 / 5

Wat is die werkwoord in die volgende sin:
Ons braai die vleis op die vuur.

2 / 5

Watter woord is nie ‘n werkwoord nie?

3 / 5

Wat is die werkwoord in die volgende sin:
Boetie teken ‘n prent in die boek.

4 / 5

Wat is ‘n werkwoord?

5 / 5

‘n Ander woord vir ‘n werkwoord is ‘n _____________

Your score is

The average score is 85%

0%