Eienskappe van materiale
Dinsdag, 28 April 2020
Eienskappe van materiale
Onverwerkte en verwerkte materiale het verskillende eienskappe. Voel die mou van jou hemp. Dit is sag. Dit is maklik om te beweeg, so dit is buigbaar. Ons sê jou hemp se mou is sag en buigbaar. Kennis omtrent die eienskappe van materiale help wetenskaplikes en ingenieurs om nuwe gebruike vir materiale te ontwerp.
Eienskappe van materiale
Daar is baie eienskappe van onverwerkte en verwerkte materiale.
- Hard of Sag: Die agterste deel van ‘n pen is hard. ‘n Pen kan ‘n gat in ‘n stuk papier maak. Papier is sag.
- Styf of Buigbaar: ‘n Houtliniaal is styf. ‘n Plastiekliniaal is buigbaar.
- Sterk of Swak: ‘n Stuk tou is sterk. ‘n Stuk gare is swak.
- Lig of Swaar: ‘n Lessenaar is swaar. ‘n Stoel is lig.
- Waterdig of Absorberend: ‘n Reënjas is waterdig. Dit hou water uit. ‘n handdoek droog water op. Ons sê ‘n handdoek is absorberend.
AKTIWITEITE
Aktiwiteit 2:
Teken die tabel in jou werkboek oor jou tabel moet na hierdie opskrifte nog 10 lyntjies af wees waar jy die volgende materiale gaan invul: glas, leer, keramiek, materiaal (klere), hout, plastiekkoppie, papier, tou, goud, yster. Hieronder is ‘n voorbeeld van hoe jy dit moet doen.
Materiaal | Hard of sag | Styf of Buigbaar | Sterk of Swak | Lig of Swaar | Waterdig of absorberend |
Plastiekkoppie | hard | buigbaar | swak | lig | waterdig |
Memo
Aktiwiteit 2: 28 April 2020
Materiaal | Hard/Sag | Styf/ Buigbaar | Sterk/Swak | Lig/Swaar | Waterdig/ Absorbeerend |
Glas | Hard | Styf | Sterk | Lig | Waterdig |
Leer | Sag | Buigbaar | Sterk | Lig | Waterdig |
Keramiek | Hard | Styf | Sterk | Lig | Waterdig |
Materiaal (klere) | Sag | Buigbaar | Swak | Lig | Absorberend |
Hout | Hard | Styf | Sterk | Swaar | Waterdig |
Plastiekkoppie | Sag | Buigbaar | Swak | Lig | Waterdig |
Papier | Sag | Buigbaar | Swak | Lig | Absorberend |
Tou | Sag | Buigbaar | Sterk | Lig | Absorberend |
Goud | Hard | Styf | Sterk | Swaar | Waterdig |
Yster | Hard | Styf | Sterk | Swaar | Waterdig |