Onverwerkte en Verwerkte materiaal
Goeie more Graad 4’s
Hierdie week gaan die leerders bietjie minder NW doen en meer SW. So ons gaan slegs op Maandag, Dinsdag en Donderdag NW doen hierdie week. Alle inligting word voorsien aan leerders. Leerders voltooi aktiwiteite op lyntjies papier.
Onthou: Hierdie is alles nuwe werk. Asseblief gaan die werk deeglik met die kinders deur en maak seker dat die aktiwiteite nagesien word. Bewaar dit veilig vir wanneer die skole weer begin.
Maandag, 27 April 2020
Onverwerkte en Verwerkte materiaal
Ons gebruik baie keer materiale om ons lewens te verbeter. Wetenskaplikes en ingenieurs ontdek maniere om onverwerkte materiale in iets bruikbaar te verander. Onverwerkte materiale moet verander word sodat dit bruikbaar kan wees. Daar is baie maniere om onverwerkte materiale in bruikbare materiaal te verander. Om onverwerkte materiaal te verhit is een eenvoudige manier om dit te verander in iets bruikbaar. Fabrieke word gebou om onverwerkte materiale in bruikbare materiale te verander.
Verander ‘n onverwerkte materiaal in ‘n verwerkte materiaal
‘n Olieraffinadery is ‘n groot fabriek dit kan een onverwerkte materiaal in baie verskillende verwerkte materiale verander. Dit verander die grondstof, wat olie genoem word, in baie bruikbare materiale soos, plastiek, petrol, gas vir kwik, ghries, kunsmis, plaagdoders, medisyne en skoonheidsmiddels. ‘n Ander voorbeeld is sand. Sand is ‘n onverwerkte materiaal. As sand verhit word, verander dit in glas. Glas is ‘n verwerkte materiaal. Glas is baie nuttig want dit laat lig in ‘n vertrek in. Jy kan deur glas sien. Glas hou ook reën en koue uit.
Voorbeelde van onverwerkte en verwerkte materiale
Onverwerkte materiaal | Verwerkte materiaal |
Klei | Bakkies, Koppies, Blompotte van porselein, Karamiekborde |
Olie en steenkool | Plastiek soos plastieksakke, speelgoed, brandstof, teer |
Hout | Papier, Stoele, Heinings, Huise |
AKTIWITEITE
Aktiwiteit 1:
Teken ‘n tabel soos hierbo op jou lyntjies bladsy. Gebruik die volgende woorde om jou te help om die tabel te voltooi: beesvel, wol, plantvesel, sand, hout, klei, olie, goud, yster.
Gebruik hierdie woorde en skryf dit in die onverwerkte materiaal kolom neer. Jy moet self die verwerkte materiaal kolom invul.
Memo
Aktiwiteit 1: 27 April 2020
Onwerkte materiaal | Verwerkte materiaal |
Beesvel | Mat, Leerbaadjie |
Wol | Truie, Komberse |
Plantvesel | Klere, Papier |
Sand | Glas |
Hout | Papier, Stoele |
Klei | Koppie, Bakkies |
Olie | Plastiek, Barndstof |
Goud | Juwele |
Yster | Huisheinings, Rugbypale/Netbalpale |