Graad 4- Natuurwetenskap Week 4

(Lesson Scheduled For: Monday, 27 April 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Onverwerkte en Verwerkte materiaal

Goeie more Graad 4’s

Hierdie week gaan die leerders bietjie minder NW doen en meer SW. So ons gaan slegs op Maandag, Dinsdag en Donderdag NW doen hierdie week. Alle inligting word voorsien aan leerders. Leerders voltooi aktiwiteite op lyntjies papier.

Onthou: Hierdie is alles nuwe werk. Asseblief gaan die werk deeglik met die kinders deur en maak seker dat die aktiwiteite nagesien word. Bewaar dit veilig vir wanneer die skole weer begin.

Maandag, 27 April 2020

 

Onverwerkte en Verwerkte materiaal

Ons gebruik baie keer materiale om ons lewens te verbeter. Wetenskaplikes en ingenieurs ontdek maniere om onverwerkte materiale in iets bruikbaar te verander. Onverwerkte materiale moet verander word sodat dit bruikbaar kan wees. Daar is baie maniere om onverwerkte materiale in bruikbare materiaal te verander. Om onverwerkte materiaal te verhit is een eenvoudige manier om dit te verander in iets bruikbaar. Fabrieke word gebou om onverwerkte materiale in bruikbare materiale te verander.

Verander ‘n onverwerkte materiaal in ‘n verwerkte materiaal

‘n Olieraffinadery is ‘n groot fabriek dit kan een onverwerkte materiaal in baie verskillende verwerkte materiale verander. Dit verander die grondstof, wat olie genoem word, in baie bruikbare materiale soos, plastiek, petrol, gas vir kwik, ghries, kunsmis, plaagdoders, medisyne en skoonheidsmiddels. ‘n Ander voorbeeld is sand. Sand is ‘n onverwerkte materiaal. As sand verhit word, verander dit in glas. Glas is ‘n verwerkte materiaal. Glas is baie nuttig want dit laat lig in ‘n vertrek in. Jy kan deur glas sien. Glas hou ook reën en koue uit.

Voorbeelde van onverwerkte en verwerkte materiale

Onverwerkte materiaal Verwerkte materiaal
Klei Bakkies, Koppies, Blompotte van porselein, Karamiekborde
Olie en steenkool Plastiek soos plastieksakke, speelgoed, brandstof, teer
Hout Papier, Stoele, Heinings, Huise

AKTIWITEITE

Aktiwiteit 1:

 

Teken ‘n tabel soos hierbo op jou lyntjies bladsy. Gebruik die volgende woorde om jou te help om die tabel te voltooi: beesvel, wol, plantvesel, sand, hout, klei, olie, goud, yster.

Gebruik hierdie woorde en skryf dit in die onverwerkte materiaal kolom neer. Jy moet self die verwerkte materiaal kolom invul.

 

Memo

Aktiwiteit 1: 27 April 2020

Onwerkte materiaal

Verwerkte materiaal

Beesvel

Mat, Leerbaadjie

Wol

Truie, Komberse

Plantvesel

Klere, Papier

Sand

Glas

Hout

Papier, Stoele

Klei

Koppie, Bakkies

Olie

Plastiek, Barndstof

Goud

Juwele

Yster

Huisheinings, Rugbypale/Netbalpale

 

 

 



TOETS JOU KENNIS