AFKNOUERY Hoe weet ek dit?
https://www.youtube.com/watch?v=b_yBPP15S_A&list=OLAK5uy_mEkPGzk_MRsMSGeHni1DoZxoVAdS4WC1M&index=3 Boelie Liedjie
https://www.youtube.com/watch?v=KQZ9hDDz704 Boelie
Afknouery is iets wat met almal van ons een of ander tyd gebeur. Partykeer is dit so erg dat dit
selfs kan oorloop in boelie. Hoe weet ‘n mens of jy afgeknou word?
Kyk na die twee you-tube video’s oor afknouery en boelie.
Die een is weer ‘n lekker liedjie wat jou kan help onthou wat om te doen wanneer jy afgeknou/geboelie word. ( Dit sal ons eers volgende week as ‘n aktiwiteit in ons werkboek doen, maar luister gerus solank daarna).
AKTIWITEITE
Kleur hierdie breinkaart mooi in met kleur. Onthou net dat dit nog steeds leesbaar moet wees om te leer. Teken dan, met BAIE detail, ‘n prentjie waar JY al afgeknou of geboelie is. Jy kan ‘n skoon witbladsy hiervoor gebruik as jy dalk die hele bladsy wil gebruik vir jou prent. Kleur die prent mooi in en bewaar dit saam met jou breinkaart in jou flipfile om in jou werkboek te plak.
TEKEN ’n prent waar jy al afgeknou is….