GRAAD 4 : PSW Emosies identifiseer en gebruik.

(Lesson Scheduled For: Monday, 27 April 2020)

Emosies

Emosies is iets wat ons elke dag, elke oomblik voel en raaksien by ander mense.  Voorbeelde van emosies is gelukkig, opgewonde, hartseer, kwaad.  Dit is nogal moeilik vir ons elkeen om ons emosies te verwoord.  Dit beteken om te sê hoe ons eintlik voel, of raaksien hoe iemand anders voel.  Kyk na die kolletjies by die werkvel en deel jou emosies soos aangedui by die kolletjies.  Kies een kolletjie en doen net daardie aktiwiteit. Gebruik enige skoon vel papier/lyntjiepapier. Hou dit veilig in jou Flip-file sodat ons dit later in jou PSW-skryfboek kan plak.


AKTIWITEITE

Teken nou ‘n volledige prentjie met baie detail , onderaan elke gesiggie, met jou grys potlood oor een iets wat jou laat voel soos die prentjie.  Kleur dit daarna mooi in met kleur/kleurpenne/uitdraaikryte.  Sit ook vir jou gesiggie hare by, ore of ‘n strikkie, ens. by die boonste gesiggie.

 



TOETS JOU KENNIS