GRAAD 4 : WISKUNDE BREUKE

(Lesson Scheduled For: Tuesday, 05 May 2020)

BREUKE: HALWES TOT TWAALFDES

HOOFREKEN (10MIN): Voltooi die onderstaande hoofrekentoets so vinnig as moontlik.  Merk dit en OEFEN weer jou verkeerde antwoorde!

4 x 9 = 35 ÷ 7 = 5 x 9 = 64 ÷8=
50 ÷ 5 = 2 x 9 = 88 ÷8 = 12 x 9 =
8 x 12 = 44 ÷ 11 = 6 x 9 = 90 ÷ 10=
20 ÷ 5 = 9 x 9 = 108 ÷ 9 =   7 x 9 =
11 x 9 = 60 ÷ 5 = 3 x 9 = 96 ÷ 12 =

 

Breuke bekendstelling video: https://www.youtube.com/watch?v=c0B0uqvku1U

Kyk die 2 you-tube vidoe’s goed deur… soveel keer soos wat jy wil.  Ons is nog steeds besig om breuke se grootte met mekaar te vergelyk en op ons breukemuur in te vul.  Ons  gebruik die linkerkant met die sirkelvorm en pas hom by die breukesoort aan die regterkant.  Daarna moet jy eers jou breukemuur voltooi voordat jy die verwantskapstekens onderaan kan invul.  Vul op elke breukemuur-stukkie die breuk in m.a.w. in hoeveel dele hy verdeel is.  Speletjie regs onder in die hoek: Knip daarna vir jou Knipselblad 4 se dobbelsteentjie uit en vou hom dat hy lyk soos ‘n dobbelsteentjie.  Plak hom vas met Pritt.  Knip nou die breukestroke uit, maar moenie dieselfde kleur van die breuk losknip van mekaar nie.  Nou het jy 3 aparte stroke waarmee jy die speletjie kan speel.  As dit later vir jou maklik raak, kan jy die stroke losknip en kyk of jy nog steeds die speletjie kan baasraak met los breuke-stukkies!


AKTIWITEITE

Aktiwiteit:  Rooiboek Bl. 102 en 103 Doen No. 1 – 4, asook die speletjie regs onder in die hoek, Knipselblad 4

 

 

MEMORANDUM(ANTWOORDE):

Hoofrekentoets: 

4 x 9 = 36

35 ÷ 7 = 5

5 x 9 = 45

64 ÷8= 8

50 ÷ 5 = 10

2 x 9 = 18

88 ÷8 = 11

12 x 9 = 108

8 x 12 = 96

44 ÷ 11 = 4

6 x 9 = 54

90 ÷ 10= 9

20 ÷ 5 = 4

9 x 9 = 81

108 ÷ 9 =  12

7 x 9 = 63

11 x 9 = 99

60 ÷ 5 = 12

3 x 9 = 27

96 ÷ 12 = 8

Die res van die antwoorde sal juffrou vir jou inscan uit jou boek, omdat die breuke moeilik skryf in kolomme en met lyne!

 

 



TOETS JOU KENNIS