GRAAD 4 : WISKUNDE OPTELLING 2

(Lesson Scheduled For: Tuesday, 12 May 2020)

OPTELLING: Aanleer van nuwe manier ondermekaar.

Ondermekaar plus-metode met 5-syfergetalle

HOOFREKEN (10MIN): Voltooi die onderstaande hoofrekentoets so vinnig as moontlik.  Merk dit en OEFEN weer jou verkeerde antwoorde!

8 + 5 = 9 + 8 + 3  = 250 – 50 = 200 = 150 +
12 – 7 = 600 – 50 – 50 = 347 + 13 = 884 + 16  =
100 – 8 = 97 – 12 = 13 + 7 = 644 – 40 =
135 + 5 = 1 000 + 354 = 56 – 16 = 15 + 15 + 15 =
70 x 30 = 68+ 42 = 900 –  880 = 260 + 70+ 90 =

 

Kyk  WEER na die 2  you-tube video’s oor optelling.

Kyk weer na die video wat dit mooi vir jou verduidelik.  Bestudeer ook die metode goed soos wat hy hieronder verduidelik is.  (Dit is dieselfde manier as op die video). OEFEN, OEFEN, OEFEN, …….

Ons moet nou ook leer hoe om hierdie ondermekaar in ons skryfboek, met blou lyne, te skryf, voordat ons die sommetjie kan doen.  Ons noem dit die “konstruksie” van ons som in die notasiekolomme.  Kyk mooi na hoe juffrou dit vir jou in die lyne neergeskryf het en skryf dit net so op jou foliopapier.  Onthou ook om jou lyne met ‘n liniaal te trek!  Die +-teken is BAIE BELANGRIK, want dit maak van die twee getalle wat ondermekaar staan ‘n som!


AKTIWITEITE

Kyk weer na die video’s en/of die verduideliking, soveel as wat dit mag nodig wees. (Mamma en pappa sal jou maklik kan help, want hulle het ook die somme so gedoen op skool!).  Doen hierdie somme ondermekaar op ‘n skoon foliopapier.  Vou hom in die helfte, dan kan jy môre weer op die agterkant werk.

  1. 1 555 + 3 640
  2. 2 660 +  5 006
  3. 6 588 + 4 444                                    
  4. 2 030 + 564
  5. 1 101 + 110 + 10 (Skryf al 3 getalle ondermekaar in jou notasiekolomme)
  6. 1 478 + 233 + 758  (Skryf al 3 getalle ondermekaar in jou notasiekolomme)
  7. 362 + 552 + 479 (Skryf al 3 getalle ondermekaar in jou notasiekolomme)
  8. 5 500 + 505 + 5 000 (Skryf al 3 getalle ondermekaar in jou notasiekolomme)

 

MEMORANDUM (ANTWOORDE):

8 + 5 = 13

9 + 8 + 3  = 20

250 - 50 = 200

200 = 150 + 50

12 - 7 = 5

600 – 50 - 50 = 500

347 + 13 = 360

884 + 16  = 900

100 - 8 = 92

97 - 12 = 85

13 + 7 = 20

644 – 40 = 604

135 + 5 = 140

1 000 + 354 =1 354

56 - 16 = 40

15 + 15 + 15 = 45

70 x 30 = 2 100

68+ 42 =110

900 -  880 = 20

260 + 70+ 90 = 420

 

  1. 5 195
  2. 7 666
  3. 11 032
  4. 2 594
  5. 1 221
  6. 2 469
  7. 1 393
  8. 11 005

 

OEFEN AL DIE SOMME WAT JY VERKEERD HET WEER OOR…..

OEFEN, OEFEN, OEFEN, OEFEN HIERDIE SOMME!

 



TOETS JOU KENNIS