GRAAD 4 : WISKUNDE OPTELLING 4

(Lesson Scheduled For: Thursday, 14 May 2020)

OPTELLING: Inoefening van ondermekaar-optelling.

Ondermekaar plus-metode met 5-syfergetalle

HOOFREKEN (10MIN): Voltooi die onderstaande hoofrekentoets so vinnig as moontlik.  Merk dit en OEFEN weer jou verkeerde antwoorde!

6 x 5 = 60 ÷ 5  = 9 x 4 = 50 ÷10=
64 ÷ 8 = 4 x 7 = 81÷9 = 5 x 8 =
8 x 9 = 44 ÷ 4 = 7 x 6 = 80 ÷ 1=
90 ÷ 9 = 11 x 11 = 25 ÷ 5 = 3 x 12 =
12 x 0 = 72 ÷ 8 = 9 x 7 = 36 ÷4 =

Maak seker jy verstaan die ondermekaar-manier van optelling nou goed.   Onthou ook om jou lyne met ‘n liniaal te trek!  Die +-teken is BAIE BELANGRIK, want dit maak van die twee getalle wat ondermekaar staan ‘n som!  As jy nog na vandag sukkel met hierdie metode, moet jy dit nog bietjie oefen op jou eie totdat jy dit goed verstaan.


AKTIWITEITE

Bereken die volgende somme op foliopapier.  Wys elke keer jou metode wat jy gebruik (ondermekaar):

  1. 3 281 + 522
  2. 888 + 32 + 466
  3. 2 100 + 650
  4. 646 + 2 411 + 187
  5. 333 + 1 035 + 6 000

 

MEMORANDUM (ANTWOORDE):

6 x 5 = 30

60 ÷ 5  = 12

9 x 4 = 36

50 ÷10 = 5

64 ÷ 8 = 8

4 x 7 = 28

81÷ 9 = 9

5 x 8 = 40

8 x 9 = 72

44 ÷ 4 = 11

7 x 6 = 42

80 ÷ 1= 80

90 ÷ 9 = 10

11 x 11 = 121

25 ÷ 5 =  5

3 x 12 = 36

12 x 0 = 0

72 ÷ 8 = 9

9 x 7= 63

36 ÷4 = 9

 

  1. 3 803
  2. 1 386
  3. 2 750
  4. 3 244
  5. 7 368

OEFEN AL DIE SOMME WAT JY VERKEERD HET WEER OOR…..

OEFEN, OEFEN, OEFEN, OEFEN HIERDIE SOMME!

 

Hoop julle geniet nog die skoolgaan-ding daar by die huis.

Wees veilig en gehoorsaam en werk lekker fluks.

Juffrou verlang al na julle en mis julle BAIE!

 

Baie liefde

Juffrou van der Westhuizen



TOETS JOU KENNIS