GRAAD 4 : WISKUNDE OPTELLING

(Lesson Scheduled For: Monday, 11 May 2020)

OPTELLING: Aanleer van nuwe manier, ondermekaar.

Ondermekaar minus metode

HOOFREKEN (10MIN): Voltooi die onderstaande hoofrekentoets so vinnig as moontlik.  Merk dit en OEFEN weer jou verkeerde antwoorde!

3 x 0 = 25 ÷ 5  = 9 x 3 = 100 ÷10=
81 ÷ 9 = 9 x 9 = 40 ÷5 = 8 x 7 =
12 x 12 = 18 ÷ 3 = 5 x 6 = 35 ÷ 7=
66 ÷ 6 = 12 x 1 = 72 ÷ 12 = 8 x 12 =
7 x 3 = 121 ÷ 11 = 7 x 10 = 49 ÷ 7 =

Kyk na die 2  you-tube video’s oor optelling.

BELANGRIK:  Van Graad 4 af gebruik ons die ondermekaar-manier  van optelling.  Dit is die kortste en vinnigste manier, daarom moet jy hom BAIE GOED verstaan voordat ons kan aanbeweeg na die aftrekking.  Kyk weer na die video wat dit mooi vir jou verduidelik.  Bestudeer ook die metode goed soos wat hy hieronder verduidelik is.  (Dit is dieselfde manier as op die video).

Ons moet nou ook leer hoe om hierdie ondermekaar in ons skryfboek, met blou lyne, te skryf, voordat ons die sommetjie kan doen.  Ons noem dit die “konstruksie” van ons som.

Kyk mooi na hoe juffrou dit vir jou in die lyne neergeskryf het en skryf dit net so op jou foliopapier.  Onthou ook om jou lyne met ‘n liniaal te trek!  Die +-teken is BAIE BELANGRIK, want dit maak van die twee getalle wat ondermekaar staan ‘n som!


AKTIWITEITE

Jy benodig nou ‘n lyntjiepapier (foliopapier) om hierdie somme te nommer, dan neer te skryf in hul notasiekolomme en dan ondermekaar te skryf sodat jy hierdie nuwe manier van optelling kan inoefen.  Oefen vir vandag net hierdie 5 somme en maak doodseker jy verstaan die metode goed!  Kyk weer na die video’s en/of die verduideliking, soveel as wat dit mag nodig wees. (Mamma en pappa sal jou maklik kan help, want hulle het ook die somme so gedoen op skool!).

  1. 142 + 720
  2. 435 + 578
  3. 6 051 + 155                                    
  4. 3 556 + 1 024
  5. 364 + 5 682

 

 

 

MEMORANDUM (ANTWOORDE):

3 x 0 = 0

25 ÷ 5  = 5

9 x 3 = 27

100 ÷10= 10

81 ÷ 9 = 9

2 x 9 = 18

40 ÷5 = 8

8 x 7 = 56

12 x 12 = 144

18 ÷ 3 = 6

5 x 6 = 30

35 ÷ 7= 5

66 ÷ 6 = 11

12 x 1 = 12

72 ÷ 12 =  6  

8 x 12 = 96

7 x 3 = 21

121 ÷ 11 = 11

7 x 10 = 70

49 ÷ 7 = 7

 

  1. 862
  2. 1 013
  3. 6 206
  4. 4 580
  5. 6 046

 



TOETS JOU KENNIS