Graad 4 Wiskunde Tafels, 2D-Vorms se teken, 27 April 2020

(Lesson Scheduled For: Monday, 27 April 2020)

2D- vorms, tafels

Hallo julle!

Hoop dit gaan nog goed met julle almal?  Juffrou verlang al na julle……

Vandag gaan ons bietjie hersiening doen oor ons 2D-vorms.   Julle het seker gesien ek het julle bietjie laat oefen oor hoe om op blokkiespapier die vorms oor te teken.  Ons het mos saam besluit dat ons nog ekstra oefening nodig het in dit.  Ek hoop dit was vir julle lekker….

Ek gebruik die aktiwiteite in julle Rooi Boeke, omdat dit al boek is wat julle  by julle het.  Dan hoef al jou aktiwiteite ook nie uitgeprint te word nie en jy kan dit in jou boek invul.  Vandag  doen ons die inoefening van ‘n reguit lyn en ‘n geboë lyn (wat mos eintlik beteken hy is gebuig).  Ons kyk na Bl. 64  en besluit of dit ‘n reguit, reguit en geboë lyn of net ‘n  geboë- lyn is.


AKTIWITEITE

Gebruik Wiskunde Rooiboek:  Bl. 64 – 67. Voltooi die blokkies se aktiwiteite en trek die verskillende vorms soos aangevra. Onthou om jou liniaal te gebruik en OP die  blokkies se lyne te werk! As jy wil kan jy dit weer met kleur oordoen, maar weer met ‘n liniaal.

 

 

 

Hier is die antwoorde, merk in blou:

Wiskunde Rooiboek:  Bl. 64-67 

2.a  geboë                               b.  reguit                                 c.  geboë en reguit

  1. reguit e. geboë en reguit f. geboë en reguit
  2. Laat ouer /voog kyk of joune reg is.
  3. Ja

5a.  reguit                                 b. reguit                                        c. reguit

  1. reguit e. reguit f. reguit
  2. reguit h. reguit                                     i.  reguit
  3. Laat ouer /voog kyk of joune reg is.
  4. Laat ouer /voog kyk of joune reg is.
  5. Laat ouer /voog kyk of joune reg is.
  6. Laat ouer /voog kyk of joune reg is.


TOETS JOU KENNIS