Deelwoorde
Doel van les: Om leerders in te lig oor die morfologie agter deelwoorde en die gebruik daarvan.
Wat is deelwoorde?
• Dit is woorde wat van werkwoorde afgelei word.
• Ons leen dit as te waarde die werkwoord in die sin om ’n deelwoord te gebruik.
• Daar is twee tipes deelwoorde:
• Teenwoordige deelwoorde
• Verlede deelwoorde
1. Teenwoordige deelwoorde: Hier sit ons ‘n -ende aan die einde van die werkwoord om dit ’n byvoeglike
naamwoord (woord wat die selfstandige nw.beskryf) te maak.
Bv. Gewone sin sal wees:
Die perde klap hul pote op die grond.
Klap hier in die sin is die werkwoord. ( woord wat jy kan doen)
• Nou deel die sin hierbo sy werkwoord met die volgende sin om dit ’n byvoeglike naamwoord te maak.
Bv. Die sin verander nou na: Die klapp(ende) perdepote maak ’n groot geraas op die pad.
• Die woord klappende kry nou twee p’s, omdat die vokaal ’n kort klank is.
2. Verlede deelwoorde: Hier sit ons ’n ge- vooraan of ‘n -de/-te agter die werkwoord te sit wat reeds gedoen
is(verlede tyd). So word die werkwoord weereens ’n byvoeglike naamwoord.
Bv. Gewone sin sal wees:
Die kasteel is gebou.
Gebou hier is die werkwoord. (woord wat gedoen is)
• Nou deel die sin hierbo sy werkwoord met die sin om dit ’n byvoeglike naamwoord te maak.
Bv. Die sin verander nou na: Die geboude kasteel is baie oud.
AKTIWITEITE
Voltooi asseblief nommer 2 - 5 op bl. 58.
Onthou: Homonieme is woorde wat dieselfde klink en gespel word, maar verskil in betekenis.
bv. Juffrou bied 'n les aan.
Die hond les sy dors deur water te drink.