Graad 5 NWT Metale en nie-metale, 28 April 2020

(Lesson Scheduled For: Tuesday, 28 April 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Eienskappe van metale en nie-metale.

Graad 5 Natuurwetenskap en Tegnologie

Dinsdag 28 April 2020  

Metale en nie-metale:

Verskillende tipes metale:

  • Goud
  • Silver
  • Koper
  • Sink
  • Alluminium
  • Kroom
  • Nikel
  • Lood
  • Tin
  • Yster

Eienskappe van Metale:

  • Hardheid – Metale is hard en sterk.
  • Glans – Metale blink en kan lig weerkaats.
  • Smeebaarheid – Metale kan in verskillende vorms gehamer, saamgepers, gevorm, gebuig of gedraai word.
  • Rekbaarheid – Metale kan in drade uitgetrek word.
  • Kan smelt – Metale het ‘n hoë smeltpunt. Meeste metale is hard teen kamertemperatuur.
  • Goeie geleier van elektrisiteit en hitte

Eienskappe van nie-metale:

Lees bladsy 53 en 54 in jou handboek oor nie-metale.


AKTIWITEITE

Beantwoord die volgende vrae oor nie-metale.

  1. Noem 10 nie-metale wat in jou huis voorkom. Sê dan ook watter materiale hierdie nie-metale van gemaak is. Bv. Tafel – Hout
  2. Lys 5 eienskappe van nie-metale. (bladsy 53)
  3. Kyk na die volgende prentjie. Watter materiale word gebruik om ‘n motor te vervaardig? Sê ook of die materiale metale of nie-metale is.



TOETS JOU KENNIS