Graad 5 Skeppende Kunste, 1 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Friday, 01 May 2020)

Visuele Kuns

Skeppende Kunste Graad 5 vir 1 Mei 2020

Welkom ouers en leerders!!!  Ons graad 5-opvoeders het vir julle ‘n reuse verrassing beplan vir vandag.   Ons sien julle harde werk raak en waardeer dit,  daarom gaan ons vandag net kuns doen!!

Ons gaan die buitelyne gebruik van een hand van elke persoon in die huis gedurende lockdown.   Spasieer die hande mooi op enige papier tot jou beskikking.   Skryf elke naam by sy of haar buitelyn.

Nou vul jy elke spasie met patrone,  doodles en/ of zentangles.   Onthou, dis patrone en nie net ‘n inkleurprent nie.   Fyner patrone neem wel langer om te doen,  maar jou eindproduk sal soveel mooier wees. Jy mag werk in potlood,  swart pen of verskillende kleure. Hou die agtergrond leeg om kontras te skep.

Luister na musiek terwyl jy werk om die skeppende ervaring nog meer te geniet.

Juffrou Linda wil baie graag jou voltooide kunswerk sien!!   Jy is welkom om ‘n mooi duidelike foto van jou kunswerk vir haar te stuur na 081 319 1234.

Hierdie kunswerk kan jy vir ewig hou om jou te herinner aan ‘n uitsonderlike tydperk in jou lewe!!

AKTIWITEITE

TOETS JOU KENNIS