Biografie skryfstuk - Finale weergawe
Opsomming van Biografie
- “Bio-“ beteken lewe en “-grafie” verwys na beskrywing.
- ‘n Biografie is die ware verhaal van iemand se lewe wat deur iemand anders geskryf is.
- ‘n Biografie word in die derdepersoonsvorm vertel.
- As jy mooi kyk, sal jy sien dat voornaamwoorde soos hy/hom en sy/haar gebruik word.
- Biografieë word dikwels as boeke gepubliseer, maar verkorte biografieë word ook op baie ander plekke gebruik, bv. In konsertprogramme, webwerwe en begrafnisbriewe.
- Die skrywer skryf dit oor iemand anders daarom maak hy/sy gebruik van voornaamwoorde soos hy, hom, sy en haar.
- Gewoonlik word biografieë net oor bekende mense geskryf, bv. sportsterre, politieke leiers en uitvinders.
AKTIWITEITE
6 Mei 2020
Skryf finale weergawe van Biografie
_________________________________________________
Opdrag:
STAP 2
- Gaan deur jou biografie, kontroleer die foute, maak dit reg en skryf jou biografie netjies oor in Algemene boek.
STAP 3
- Gebruik die onderstaande kontrolelys om jou biografie te kontroleer. (selfassessering)